Twee leerders aan die Hoërskool Parel Vallei, Yesol Jeong en Claire Chase, het hul finale gr. 11-gevorderde program (AP) eksamen deur die Parel Vallei Advanced Education Trust met vlieënde vaandels geslaag. Yesol het 100% vir wiskunde behaal en Claire het 88% vir Engels. Die trust het aan elkeen ’n prys toegeken as erkenning vir hul harde werk en is deur Linda van der Merwe, ’n wiskunde-onderwyser, gr. 10-graadhoof en bestuurder van die gevorderde onderrigsentrum, aan die leerders oorhandig. Die trust is in 2006 formeel van stapel gestuur met die oog om gevorderde opvoedkundige geleenthede te skep om leerders in staat te stel om akademies buite die grense van ’n nasionale kurrikulum te ontwikkel. Die sentrum gebruik PV as sy basis om IEB AP-wiskunde en IEB AP-Engels as kursusse aan te bied. Sedert die ontstaan van die trust het dit gegroei en dié skool goed gedien.Foto:


PV-leerders slaag baie goed

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article