Die Hoërskool Parel Vallei spog met ’n 100%-slaagsyfer vir die matriekklas van 2020.
Die 231 kandidate het 495 vakonderskeidings behaal met ’n Baccalareus-slaagsyfer van 94,37%. Altesaam 59 leerders het ’n A-gemiddelde verower en die skool se merietelys gehaal.
PV se top-104 kandidate behaal ’n gemiddelde van 79,8%.
Nog ’n merkwaardige prestasie is dat 20 leerders onderskeidings in al hul vakke behaal het.
Die skool spog ook met 52 onderskeidings in Afrikaans eerste addisionele taal; 41 onderskeidings in wiskunde; 27 onderskeidings in ingenieursgrafika en -ontwerp; 25 onderskeidings in Afrikaans huistaal; en 23 onderskeidings in fisiese wetenskappe.



