Die wintersportspanne van Hoërskool Strand en Hoërskool Parel Vallei het Vrydag 13 en Saterdag 14 Mei op die sportveld kragte gemeet.
Dié skole se rugby-, netbal- en hokkiespanne het mekaar die stryd aangesê by Parel Vallei se sportterrein.
Die sportdag is gekenmerk deur gesonde kompetisie en klipharde wedstryde waarin leerders van albei skole hul beste gegee het.
Met sulke wonderlike sportmangees tussen die twee skole sal dié wintersport-kragmeting vir nog baie jare voortbestaan
Die gasheerskool het 24 wedstryde gewen, terwyl HS 13 keer aan die wen kant was. Die skole het in twee wedstryde gelykop gespeel.
HS se eerste rugbyspan het met 16-19 geseëvier, terwyl hul o.19A-netbalspan ook met 17-24 gewen het. Maar PV se seuns- en meisies o.19A-hokkiespanne was te sterk, met die meisiespan wat met 5-0 gewen het en die seuns wat met 4-0 as oorwinnaars gekroon is.
UITSLAE (PV-telling eerste):
Rugby – o.19A 16-19; o.19B 3-60; o.16A 0-52; o.15A 0-42; o.15B 17-7; o.14A 18-29; o.14B 0-22
Netbal – o.19A 17-24; o.19B 14-24; o.19C 19-12; o.17A 12-5; o.17B 17-13; o.17C 11-4; o.17D 20-8; o.16A 18-18; o.16B 16-10; o.16C 17-12; o.16D 17-6; o.15A 9-17; o.15B 22-16; o.15C 26-4; o.15D 22-2; o.15E 8-4; o.14A 9-28; o.14B 14-18; o.14C 12-18; o.14D 8-14
Hokkie – (seuns) o.19A 4-0; o.19B 3-0; o.16A 2-1; o.16B 4-0; 0.14A 9-0
Hokkie – (meisies) o.19A 5-0; o.19B 2-0; o.19C 2-0; 0.16A 3-0; o.16B 4-0; o.14A 2-2; o.14B 1-0




