Geluk aan PV se naaswenners, Juné Kruger, Anya Marx, Christian Kotzé, Carla Erasmus en Tatjana Frauenknecht.Foto:


Die Hoërskool Parel Vallei se produksiespan van Wentelkind het nasionaal die tweede plek by die Aardklop Pronk Podium-kompetisie behaal.

Juné Kruger het die titelrol in die eenvrouproduksie vertolk, met Carla Erasmus as verhoogbestuurder, Tatjana Frauenknecht as produksie- en audiovisuele bestuurder, Christian Kotzé as klankoperateur en Anya Marx as beligtingontwerper. Die regie is deur PV se eie bekwame Darryl Spijkers behartig.

Aanvanklik is meer as 80 toneelstukke van oor die land heen digitaal ingeskryf. Uit al die inskrywings was PV een van slegs ses skole wat vir die halfeindstryd in Gauteng genooi is. Die Wentelkind-span het dit terdeë geniet om te kon vlieg en om te kon deelneem teen die ander topdramaskole van oor Suid-Afrika. Hulle het vier dae in Pretoria deurgebring waar hulle eers ’n werksessie bygewoon het voor hulle die ander skole by die dramastryd in die Atterbury-teater aangedurf het.

PV is nie net die naaswenner van dié kompetisie nie, maar ontvang ook pryse vir die volgende: beste tegniese versorging en beste regisseur. Verder is PV ook die enigste skool in die Wes-Kaap wat so ’n prestasie in die kompetisie behaal het.

PV wens die Hoërskool Zwartkop geluk met sy eerste plek, asook die Hoërskool Noordheuwel wat die derde plek behaal het.

PV se produksie, Wentelkind, ontvang ook die volgende pryse in die 2020-dramaseisoen by ander dramafeeste:. Eerste plek: Montagu-jeugkunstefees. . Eerste plek: Playhouse-dramafees.. Beste aktrise: Montagu- jeugkunstefees.. Best akteur: Playhouse-dramafees.. Beste tegnies: Montagu-jeugkunstefees.. Beste Tegnies: Playhouse-dramafees.

PV is trots daarop om vir twee jaar agtereenvolgens die wenner te kon wees van die Montagu-jeugkunstefees en nou wéér – ongeag die grendeltyd ’n topplek in Aardklop se eindstryd te behaal.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article