Drie Hoërskool Parel Vallei-leerders, van links Sebastian van Niekerk, Matteo Wessels en Anneh Mitrovich, was die naaswenners in die junior afdeling van die Wes-Kaapse Dink-of-Sink- onvoorbereide debatkompetisie, wat in September by die Hoërskool D.F. Malan in Bellville gehou is. Junior en senior spanne van die gasheerskool, die hoërskole PV, Stellenberg, Stellenbosch, Hugenote, Paarl Gimnasium, Jan van Riebeeck, Tygerberg, Worcester Gimnasium, Langenhoven, Swartland, Durbanville, Paul Roos Gimnasium en die Hoër Meisieskool Bloemhof, het aan die kompetisie deelgeneem. Die PV-span het eers in die eindronde teen die span van die Hoër Meisieskool Bloemhof die knie gebuig, terwyl die senior span van die Hoërskool Durbanville die eindronde in dié afdeling gewen het, met Paul Roos Gimnasium tweede. Die nasionale kompetisie is in die lenteskoolvakansie in Centurion gehou.


PV-debatspan staan hul man

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article