Die Hoërskool Parel Vallei het ’n spesiale bedanking aan sy netbalafrigters vir hul deursettingsvermoë die afgelope kwartaal uitgestuur, veral omdat hulle nooit die handdoek ingegooi het nie en steeds hul tyd en kennis in dié sportsoort belê het. As gevolg van hul insette, veral wat skeidsregterskursusse vir leerders betref, is dat PV-leerders ook op dié gebied kon naam maak. Vier leerders het die provinsiale E-gradering ontvang, drie die D-gradering, twee die C-gradering en een leerder het die C+-gradering behaal. Die skool het ook sy netbalborg, ESI Attorneys, vir sy betrokkenheid, ondersteuning en die borg van die afrigtersbaadjies bedank. Die skool se netbalafrigters is agter Alida Duvenhage, Marlise Kuhn, Teresa Koekemoer, Jacques Esterhuyse (borg: ESI Attorneys), Cailee Pistorius, Hettinet Bernardo en Nicoline Malherbe. Voor is Nerina Fourie, Charlotte Schoeman, Mary-Ann McHardy (borg: ESI Attorneys), Adel van Wyk en Liana Kriel. Afwesig: Shanaaz Macauley.


PV bedank netbalafrigters

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article