Parel Vallei se atlete wat aan die Wes-Kaap-atletiekbyeenkoms deelgeneem het, is agter Michaela Horn, Roux Nieuwoudt, Lyle Titus, Melissa Hoffman en Gerhard Eckley. Voor is Zenade October, Marietjie Cilliers, Zinathi Fukweni, Lanah Nel, Courtney Jenniker en Jayden Daniels.


Parel Vallei se atlete het uitstekend gevaar by die Wes-Kaap-atletiekbyeen­koms wat 8 en 9 Maart in die Dal Josafat-stadion in Paarl gehou is.

Die skool se 12 topatlete het tien medaljes gewen. Dit is die meeste Parel Valleiers wat nóg aan die byeenkoms deelgeneem het. PV het vyf goue, twee silwer- en drie bronsmedaljes gewen.

Die 15-jarige Marietjie Cilliers het die 3 000 m-rekord van die afgelope 15 jaar tot tien sekondes verbeter.

Die medaljewenners is Gerhard Eckley (goud, 10 000 m-stap), Zenade October (goud, 800 m), Marietjie Cilliers (goud, 3 000 m en brons, 1 500 m-hindernis), Courtney Jenniker (goud, driesprong), Zinathi Fukweni (goud, diskusgooi), Jayden Daniels (silwer, 300 m-hekkies), Adam Burger (silwer, hoogspring), Mikhaela Horn (brons, hoogspring) en Lanah Nel, (brons, 3 000 m).

Roux Nieuwoudt, Melissa Hoffman en Lyle Titus het ook die Boland verteenwoordig.

Die Wes-Kaap-atletiekspan wat van 21 tot 23 Maart in Port Elizabeth aan SA’s gaan deelneem, sal die week aangekondig word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article