Hoërskool Parel Vallei se atlete het uitstekend gevaar in die Boland-atletiekkampioenskap, wat 22 en 23 Februarie by die Dal Josafat-stadion in Paarl beslis is.
Die atlete het drie goue, ses silwer en ses brons medaljes gewen en 12 PV-atlete gaan Boland in 18 items by die Wes-Kaapse hoërskole-atletiekkampioenskap verteenwoordig.
Die uitslae van die Boland-atletiek-kampioenskappe was: Gerhard Eckley (brons; 10 km-stap, seuns o.19), Roux Nieuwoudt (silwer; gewigstoot, seuns o.17), Melissa Hoffman (vierde; hamergooi, meisies o.17), Lyle Titus (brons; diskus, seuns o.19), Jayden Daniels (seuns o.15: vierde in verspring; goud vir 100 m; silwer vir 200 m; goud vir 300 m), Marietjie Cilliers (brons; 1 500 m, silwer; 3 000 m, meisies o.15), Courtney Jenniker (silwer; driesprong, meisies o.15), Zinati Fukweni (goud; diskus meisies o.14), Zenade October (meisies o.15: brons; 800 m, vierde in 1 500 m; vyfde in 3 000 m), Mikhaela Horn (brons; hoogspring, meisies o.17), Adam Burger (silwer; hoogspring, seuns o.15), Lanah Nel (silwer, 3 000 m, meisies o.17).



