Marietjie Cilliers en Jamial Johnson, leerders aan die Hoërskool Parel Vallei, was weer eens gekies om Saterdag 18 September die Westelike Provinsie by Atletiek Suid-Afrika (ASA) se nasionale landloopkampioenskap in Amamzimtoti te verteenwoordig. Albei atlete het daarin geslaag om al die landloopkompetisies wat vanjaar aangebied is, te wen. Vir Marietjie is dit die sewende keer dat sy as landloper op nasionale vlak kompeteer en Jamial se vierde keer. Albei talentvolle atlete het ook vroeër vanjaar die WP in verskeie items by die ASA-atletiekkampioenskap verteenwoordig.Foto:


PV-atlete presteer goed

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article