Ten spyte van ’n swak opkoms het inwoners van Sektor 2 van die Strand-polisie se polisiëringsgebied Maandag 6 Junie die eerste gemeenskapsvergadering (imbizo) in die Beverley Hills Life-changing Centre gehou. Sektor 2 bestaan uit die gemeenskap van die Allan Boesak-, Morkel Cottage-, Liberty- asook Webstraat en die Beverly Hills-woonbuurte, waar inwoners swaar onder bendeverwante misdade gebuk gaan. Die gemeenskap is ontevrede oor die polisie se dienslewering en die manier hoe klagtes hanteer word. Swak sigbaarheid is ook ’n probleem. Verder het die gemeenskap aangedui smokkelhuise is ’n groot bron van kommer in Sektor 1. Die polisie het weer eens beloof om al die kwessies te ondersoek. Links is van die bekommerde gemeenskapslede van Beverley Hills.

Credit: SYSTEM

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article