Noudat die skoolkalender weer aan die gang is, het beamptes van Macassar-polisie besoek afgelê by die gr. 8’s van Zandvliet Sekondêre Skool asook leerders van Macassar Primêr om te praat oor skoolveiligheid, dissipline en respek. Volgens adjudant-offisier Desiré Adendolf, ’n woordvoerder van die Macassar-polisie en wat gereeld besoeke aflê by skole in haar omgewing, was die besoek broodnodig aangesien hulle ook gepraat het oor boeliegedrag, wat ’n groot probleem in skole is, asook hoe om dit stop te sit.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article