Digtersvereniging kom kuier in Strand

“Poets vannie Kaap” het die afgelope Saterdag (29 Maart) Strand toe gekom vir ‘n open mic-poësiesessie.Dié groep digters kom die eerste Saterdag van elke maand byeen kom om hul gedigte met mekaar te deel. Die digtersvereniging spog met sowat 50 lede wat mekaar opbou en ander help om hul stemme te vind. Sunset Books in Strand het sy deure vir die byeenkoms oopgemaak vir ‘n veilige ruimte vir plaaslike inwoners om ook hul poësie te deel. Nadat die gedigte gelees is, het almal die geleentheid gehad om kreatiewe idees oor ‘n stukkie koek en koppie tee te bespreek. Van links staan Udine Joubert (eienaar van Sunset Books), Haroldene Tshienda (stigter van “Poets vannie Kaap”), Jeremy Dames (‘n direksielid van “Poets vannie Kaap”), Elzana October – ook bekend as “Moedervanniesand” (organiseerder van die Strand- open mic) – en Latifah Jacobs (‘n direksielid van “Poets vannie Kaap”). Foto’s: Barend Williams 
Udine Joubert, die eienaar van Sunset Books, het almal verwelkom by haar boekwinkel in die Strand. Credit: Barend Williams 
Die Strand se byeenkoms van Poets vannie Kaap was die poësievereniging se grootste uitkoms tot dusver. Credit: Barend Williams 
Riley Burnett was die eerste digter wat die verhoog geneem het en het ‘n gedig oor veilige ruimtes gedeel. Credit: Barend Williams 
Elzana October (“Moedervanniesand”) is ‘n plaaslike digter wat die geleentheid gereël het. Sy was ook die seremoniemeester vir die geleentheid. Credit: Barend Williams 
Elzana October (“Moedervanniesand”) het as deel van die geleentheid poësielesse aan leerders van die Rusthof Sekondêre Skool aangebied. Olivia van Rooyen (foto) was een van twee leerders wat die lesse bygewoon het en tydens die open mic het sy ‘n gedig oor haar verhouding met haar pa voorgelees. Credit: Barend Williams 
Haroldene Tshienda, stigter van “Poets vannie Kaap”, het haar ‘n titelloos gedig voorgelees. Credit: Barend Williams 
Thabo Leholo het ‘n gedig gedeel van sy boek, The Broken Pieces of My Heart, wat binnekort gepubliseer sal wees. Die titel van die gedig is “My Beautiful Land” waarin hy korrupsie kritiseer omdat dit Suid-Afrika van sy mooiheid beroof. 
Alethea Steenkamp (links) het ‘n gedig vir haar bossiekopkind Alyssa voorgelees. Steenkamp het die geleentheid gebruik om haar “liefiepop” te herinner hoe mooi sy vir haar ma is. Credit: Barend Williams 
Elmarie Sauls het die gehoor vermaak met haar gedig oor haar natuurlike hare. Credit: Barend Williams 
Christe Hugo lees haar gedig voor. Credit: Barend Williams 
Latifah Jacobs een van die direksielede van “Poets vannie Kaap” het ook die geleentheid geneem om haar gedig te deel. Credit: Barend Williams 
Negentien-jarige Amy Riettels het ‘n gedig oor een van haar voorige liefdes voorgelees, wie sy die sluipmoordenaar noem omdat hy haar hart gesteel het. Credit: Barend Williams
Quinton Leonard het sy Afrikaapse gedig voorgelees van ‘n vrou wie se liggaam langs die pad gevind was.





