Charles Jackson (Macassar Our Pride), Warren Wilters (rugby-aftrigter), Alicia Keet (waarnemende hoof), Audrey Piet (netbal-afrigter) en Fernando Faviers (Macassar Our Pride).

Credit: SYSTEM

Die plaaslike gemeenskapsorganisasie Macassar Our Pride het onlangs ’n skenking van drie pawiljoen-sitplekke by die Laerskool Eikestad in Stellenbosch ontvang.

Dit spruit uit ’n skrywe wat dié organisasie aan die skool gerig het toe dit bekend geword het die skool is besig om sy bestaande geriewe op te gradeer.

Laerskool Eikestad was tegemoedkomend en het Macassar Our Pride skriftelik verwittig dat hul aansoek suksesvol was.

Die organisasie het dit goedgedink om die eenhede aan die Hoërskool Macassar te skenk.

Die plaaslike vervoermaatskappy Melvin’s Transport het ingewillig om bystand te verleen met die vervoer van die eenhede na Macassar.

Clive Jefthas, voorsitter van Macassar Our Pride, het sy hartlike dank teenoor die Laerskool Eikestad en die plaaslike vervoermaatskappy Melvin’s Transport uitgespreek.

“Ons glo die skenking van die eenhede gaan inderdaad ’n verskil maak ten opsigte van die bestaande geriewe by die Hoërskool Macassar,” het Jefthas gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article