Die plaaslike gimnaste is, agter van links: Danelle Groenewald (afrigter), Corné Human, Izaak Uys, Travis Giles, Kiran Condon, Marne Potgieter, Ellard Rademeyer, Paul Visser (afrigter) en Tabo Mkandawire (afrigter). Tweede ry van agter: Benjamin Ludick, Sebastiaan Jordaan, Leia Schryvers, Clara van der Vyver, Sofia Kröger, Stefan van der Waal, David Zietsman en Reinhardt Dick. Tweede ry van voor: Mareece Hendrikse, Kara van der Merwe, Lindi de Villiers, Alera Janson, Elizabeth van Zyl, Kate Bands, Xéa Kröger, Layla Kemp en Sophia Castleden. Voorste ry: Aria Sass, Amelia Nieuwoudt, Mimi Viviers, Ava-Mae Hendriksz, Layla Hagedorn-Hansen, Addison Bothwell, Luna Wessels, Shenae Cillie, Mira Snyman en Annabelle Prinsloo. Afwesig: Sienna Shedden en Neil van Schaik.Foto:


Gimnaste van Somerset-Wes en Stellenbosch was lid van die Stellenbosch-gimnastiekklub se span wat onlangs vir die Suid-Afrikaanse Gimnastiekspele gekwalifiseer het.

Benewens die drie afrigters en twee beoordelaars is 35 artistiese gimnaste van Stellenbosch Gimnastiek gekies om by die nasionale kampioenskap diens te doen. Dit was die klub se grootste groep nog wat vir die nasionale kompetisie gekies is.

Vanjaar is die kampioenskap in die Wes-Kaap aangebied en die plaaslike klub, by The Shed op die Spier-wynlandgoed, was gereed vir die week lange kompetisie, wat Maandag 23 September begin het.

Sowat 2 500 gimnaste het in agt verskillende gimnastiek-dissiplines deelgeneem. “Ons was bly vir die tuis-voordeel. Uiteindelik is die nasionale Spele weer in die Kaap,” het die klubeienaar, Gerhard Swiegers, gesê.

“Ons is baie in ons noppies met die uitslae. Dit was veral ons seniors wat uitgeblink het en dit is wat ons wil hê. Dit is jare se afrigting en harde werk wat nou ten toon gestel word. Dit is wonderlik om te sien hoe hulle só op die heel beste vlak uitgeblink het.

“Daar is natuurlik ook die jonger gimnaste wat in die pyplyn is en die goeie resultate van die meer senior klublede gee hulle ook ’n doelwit om na te streef,” meen hy.

Volgens die organiseerders het al die deelnemers hul beste vertonings gelewer, en met ongelooflike krag, uithouvermoë en vasberadenheid deelgeneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article