Miss Drag Suid-Afrika-finalis Tammy Rhuday Fredericks
Miss Drag Suid-Afrika-finalis Tammy Rhuday Fredericks

Somerset-Wes se fopdosser-koningin Tammy Rhuday Fredericks is ‘n Miss Drag Suid-Afrika-finalis.

Sy gebruik gebak en bakvaardighede om lewens in haar gemeenskap te verander.

Die 32-jarige het as Miss LGBT Cape Peninsula 2024 gekwalifiseer en sal deelneem aan die eindronde wat Saterdag 6 Desember by die Artscape-teater in Kaapstad plaasvind.

Miss Drag Suid-Afrika-finalis Tammy Rhuday Fredericks
Tammy Rhuday Fredericks sal haar Miss Drag Suid-Afrika-finalis status gebruik om haar “Knead To Knowledge”-projek te bevorder.

Die nasionale fopdosser-kompetisie is meer as net ‘n skoonheidskompetisie – dit vereis dat koninginne veranderingsmakers in hul gemeenskappe word. Vir Fredericks is dit die perfekte platform om haar projek “Knead To Knowledge” te bevorder. Die inisiatief leer gemeenskapslede bakvaardighede om hul eie ondernemings te begin.

“Ek glo daaraan om mense te leer bak, nie om net kos te bring nie – want wat gebeur môre as ek nie daar is nie?” verduidelik sy haar filosofie.

Die program kombineer praktiese bakvaardighede met finansiële geletterdheid. Deelnemers leer hoe om produkte se prys uit te werk en wins te bereken.

“Hierdie program sluit almal in – jonk, oud, krom, reguit of skeef – almal verdien ‘n kans,”

beklemtoon Fredericks.

Die idee het ontstaan uit persoonlike nood. Nadat sy afgedank is, moes Fredericks vinnig ‘n plan maak. “Ek het myself geleer bak sodat ek nie sink nie,” sê sy.

Haar verhaal begin in Beaufort-Wes, waar sy as 14-jarige haar eerste Miss Gay-kompetisie gewen het en haar liefde vir die verhoog ontdek het.

“Dis waar Tammy ontdek is,” sê sy oor daardie belangrike oomblik.

Nou gebruik sy drag se krag om jong LGBTQI+-mense te inspireer.

“Onthou jy is spesiaal en uniek,” is haar boodskap aan die jeug.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article