Ek is onlangs in die Helderberg-hospitaal in Somerset-Wes opgeneem. Van die opname by ongevalle tot my verblyf van vyf dae in saal A, was die gehalte van sorg uitstekend.
Ek wil graag my hoogste lof en erkenning uitspreek aan al die hospitaalpersoneel vir hul uitstaande versorging en toewyding.
Die hoë standaarde higiëne, sekuriteit en vyfster-etes was indrukwekkend.
Ek het soveel omgee en sorg van elke lid van die personeel ontvang.
Dit is duidelik dat die hospitaalbestuur daarna streef om die beste diens vir almal te lewer.


