Heartlines het verlede Dinsdag (2 Desember) hul Father’s Matter-gradeplegtigheid by die Bong Inn, Skakel-laan 3, in Macassar gehou. Vyf mans het die kursus voltooi, wat daarop gemik is om vaderskap te versterk deur weeklikse filmvertonings. Die 30-minute-kortfilms, wat deur Heartlines vervaardig is, het vaderskap as hooftema. Deelnemers het vrae beantwoord om ’n beter begrip te ontwikkel van wat dit verg om ’n pa te wees. Melissa Sampson, Heartlines Macassar se gemeenskapsambassadeur, het die kursus gelei. Heartlines is ’n sentrum vir waardebevordering wat poog om kwessies in die samelewing die hoof te bied deur projekte soos Father’s Matter. Wesley van Graan, ’n gemeenskapsmobiliseerder, meen die projek sal mans in Macassar versterk en hulle aanmoedig om beter vaders vir die volgende geslag te wees. Van links: Wesley van Graan (gemeenskapsmobiliseerder by Heartlines), Rochen Jansen, Duncan van der Westhuizen, Melissa Sampson (gemeenskapsambassadeur by Heartlines in Macassar), en Coenraad Jordaan.Foto: Barend J. Williams


Wesley van Graan (gemeenskapsmobiliseerder by Heartlines) spreek die mans en seuns by Heartlines se Father’s Matter-gradeplegtigheid toe oor hoe belangrik dit is om sterk rolmodelle en verantwoordelike vaders te wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article