Hoërskool Parel Vallei het na af­loop van die 2017-matriekuitslae drie pryse van die Wes-Kaapse on­der­wys departement ontvang.

Die skool is as die 12de topskool in die provinsie aangewys. Hoër­skool Parel Vallei het ook beste in inligtingstegnologie gevor­der. Twee leerders, Chanel Roos en Juan Swanepoel het die minis­ter van onderwys, Debbie Schäffer, se lys van topmatriku­lante gehaal.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article