Die PV-medaljewenners en deelnemers is, agter van links: De Wet Keuzenkamp (brons), Tian Groenewald, Shane Blair (brons), Sayhan Khan (brons), Ruben Bosma (brons) en Christopher Pienaar (brons). Derde ry: Jacques Robbertze (brons), Daniel Krige (brons), Marthinus van Niekerk, Leslie de Lange (goud), Marcel Snyman (brons), Christiaan Carelse (brons) en Stefan Botes. Tweede ry: Genn Echun, Jerushan Rathanum, Liza Spires, Marian van Wyk, Lanah Nel, Ingrid Woeke (silwer), Claire Chase (brons), Chilandri Muller (goud) en Nerise Malan (silwer). Voor: Sarah Collier (goud), Nicole André Salgueiro en Hananja Erasmus (brons), Jessica Fair en Anja Buys (silwer), Jana Rademan, Robyn Truter (goud) en Odia Tshilumbu (brons). Afwesig: Jaden Bouah en Anouk Eagar.


Hoërskool Parel Vallei het vanjaar 24 projekte vir die Stellenbosch- Eskom-ekspo ingeskryf en agt brons-, drie silwer- en vier goue medaljes verwerf.

Vier leerders het ook spesiale pryse ontvang. . Chilandri Muller het die prys vir die beste senior navorsingsprojek in chemie en biochemie gewen en is een van 19 leerders wat gekies is om die komende skoolvakansie aan die internasionale wetenskap­tentoonstelling deel te neem.. Leslie de Lange se werk was die beste navorsingsprojek in energie.. Sarah Collier het die tweede beste navorsingsprojek in sosiale wetenskappe gehad, en . Anja Buys en Ingrid Woeke het die derde beste projek in ingenieurswese.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article