Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes is weer die wenner én naaswenner van ATKV-Tienertoneel.
Die plaaslike skool is verlede Vrydag (6 Oktober) vir die derde agtereenvolgende jaar as die nasionale wenner van die ATKV-Tienertoneelkompetisie bekroon met die produksie, Wegwêreld. Die Parel Valleiers se 23kg het ook die tweede plek opgeraap tydens die toekenningsgeleentheid by die Lyric-teater in Gold Reef City terwyl Paul Strydom en Kyla Steyn se SLAANSAK aangewys is as die beste slegs-leerderproduksie.
Parel Vallei se indrukwekkende lys van 20 nominasies tydens die landswye eindronde sluit in:
• Beste klankoperateur: Tishal Prag vir 23kg
• Beste verhoogbestuurder: Christine Cockett vir 23kg
• Beste verhoogbestuurder: Ella Penninkhof vir Wegwêreld
• Beste hantering van tegniese aspekte: 23kg
• Beste hantering van tegniese aspekte: Wegwêreld
• Mees belowende spel in ’n rol: Qhawekazi Samson as Qhawekasi in Wegwêreld
• Beste aktrise in ’n ondersteunende rol: Sheraine de Vries as Sheraine in 23kg
• Beste akteur in ’n ondersteunende rol: Joshua Simone as Brumulda Brummel in Wegwêreld
Beste akteur in ’n ondersteunende rol: Njabulo Ncapai as Ninja in 23kg
• Beste akteur in ’n ondersteunende rol: Sebastian van Niekerk as Sebastian in 23kg
• Beste aktrise in ’n hoofrol: Doline Havinga as Hanli in Wegwêreld
• Beste akteur in ’n hoofrol: Francois Retief as Koos in 23kg
• Beste akteur in ’n hoofrol: Paul Strydom as Tomie in Wegwêreld
• Beste ensemblewerk: 23kg
• Beste ensemblewerk: Wegwêreld
• Beste regisseur: Darryl Spijkers vir 23kg
• Beste regisseur: Darryl Spijkers vir Wegwêreld
• Top 2-slegsleerderproduksie: SLAANSAK
• Top 5-produksie: Wegwêreld
• Top 5-produksie: 23kg
Parel Vallei se drie produksies het altesaam 11 toekennings gewen:
• Beste verhoogbestuurder – Ella Penninkhof vir Wegwêreld
• Beste hantering van tegniese aspekte – Wegwêreld
• Beste akteur in ’n ondersteunende rol – Joshua Simone as Brumulda Brummel in Wegwêreld
• Beste akteur in ’n hoofrol – Paul Strydom as Tomie in Wegwêreld
• Beste ensemblewerk – Wegwêreld
• Beste regisseur – Darryl Spijkers vir Wegwêreld
• Topdrie nuutgeskrewe tekste van 2023 – Wegwêreld behaal die derde plek.
• Beste media- en bemarkingsportefeulje vir uitnemende en volgehoue bemarking van die produksies, STOEP, 23kg, Wegwêreld en SLAANSAK
• Beste slegs-leerderproduksie – SLAANSAK
• Naaswenner – 23kg
• Beste produksie 2023 – Wegwêreld
Wegwêreld sal as nasionale wenner hierdie naweek (op Saterdag 14 en Sondag 15 Oktober) op die Toyota US Woordfees-verhoog ’n buiging maak.
In Wegwêreld het al die slegte dinge wat ons gedink het met die planeet kan gebeur, ’n werklikheid geword. ’n Klein gemeenskap mense het gebly en hulself bewaar van wat verder, buite die stad se mure is. “Op Maandae bak ons melktert en ons ruil woorde uit by die markte, waar net musiek uit die 80’s en groen klere toegelaat word.” Die moed wat dit vat om jouself buite die wêreld te sit en die universele nood om te bind, raak te sien – dit is die middelpunt in hierdie visuele reis. Alles begin met die lig op die horison.
Kaartjies teen R90 kan by https://www.quicket.co.za/events/224406-atkv-tienertoneel-nasionale-wenproduksie/?ref=algolia-search#/ bespreek word.



