Hoërskool Parel Vallei se beplande gholfdag vir Vrydag 25 Oktober by die Erinvale-gholfbaan moes weens onstuimige weer tot 13 Maart 2020 uitgestel word. Die veiling en aandgeleentheid is ook uitgestel tot die nuwe datum. Die trekking van die lootjies, wat gewoonlik op die gholfdag gebeur, het Vrydag 1 November plaasgevind en die lootjies vir die drie pryse is getrek deur Janine Fourie, een van die bestuurder-eienaars van die Kwikspar Somerset Lion Square. Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat Kwikspar Somerset Lion Square die hoofborg van die PV-gholfdag is en die skool bedank die borg en ouers vir hul ondersteuning. Emma Pardoe van Emma Pardoe-rekeningkundiges het toegesien dat die trekkingsproses korrek gedoen is. Die drie wenners is Pepita Ingham (eerste prys: vakansie vir twee na Istanbul), G. Fourie (tweede prys: Le Creuset-pottestel) en Anne-Mart le Roux (derde plek: Samsung-tablet). By die gelukstrekking is van links, Wanda van Wyk (gholfdagvoorsitter), Janine Fourie (Kwikspar Somerset Lion Square), Emma Pardoe (Emma Pardoe-rekeningkundiges) en die skoolhoof David Schenck.Foto:


Parel Vallei deel pryse uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article