Die Stad Kaapstad se afdeling vir wetstoepassing het Sondag (16 Februarie), in samewerking met die Strand-polisie, ’n operasie in wyk 100 in die Strand uitgevoer. Die optrede, wat gemik was teen misdaad en verkeersoortredings in die gebied, het ’n padblokkade op die hoek van Broadway-boulevard en Gustrouwlaan ingesluit. Altesaam 72 voertuie is voorgekeer. Oortredings het ingesluit mense wat sonder ’n rybewys bestuur, ongelisensieerde voertuie, rommelstrooiing en die verontagsaming van stoptekens. Wetstoepassingsbeamptes en polisielede het ook drie brandpuntgebiede besoek, waar op twee wielvellings beslag gelê en dertien lasbriewe beteken is. Daarbenewens is altesaam vyftien mense voorgekeer en deurgesoek. Die wetstoepassers sê die optrede was in reaksie op klagtes en kommer van die inwoners. Op die foto is wetstoepassingbeamptes en polisiebeamptes van die Strand in Petunialaan, Broadlandspark, tydens die afgelope Sondag se optrede.Foto: Barend J. Williams


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article