Die komiteelede is agter voorsitter Francois Wildschut, Kingsley Phillips, Hendrik van Wyk, Gerome Vermeulen, Sandra Sepkit, Adelaide Wildschut en Valerie Phillips. In die middel is adjunkskoolhoof Gerchaunique Jansen, adjunkskoolhoof Ivan Frantz, Alexia Snyders en Theresa van Rooyen. Voor is Esthrow­zydia Wagenstroom, McNeil Fraser, Savanneh Lombard, skoolbeheerliggaamvoorsitter Edwin Wildschut, Glenville Swartz en Abigail Smit.


Macassar-leerders het ’n hupstoot vir die skooljaar gekry toe die Macassar School Support-organisasie verlede Donderdag skoolskoene aan tien leerders geskenk het.

Dié organisasie is einde verlede jaar deur oudleerders, van 1978 tot 1994, in die lewe geroep om finansiële ondersteuning te bied.

Waarnemende skoolhoof Verna Stuurman het die skenking verwelkom en in haar bedanking genoem dat die ondersteuning van groot hulp is omdat heelwat oud-matrieks baiekeer hulp met registrasiegeld vir tersiêre onderrig benodig. Nog twee oudleerders, Joyce en Lionel Moodley (1982-klas), het onderneem om kwartaalliks 30 paar skoene aan die skool te skenk.

Mense wat by Macassar School Support betrokke wil raak, kan Francois Wildschut bel, 0 082 478 9109, of e-pos, 2 francois.wilschut@­­rawson.­co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article