Chris Langeveldt van Hoërskool Strand is by die Wes-Kaapse Nasionale Seniorsertifikaat-prysuitdeling vir 2019 vir sy puik akademiese prestasie vereer. Dié voormalige Arende-hoofseun het die provinsiale merietelys gehaal en die sewende posisie in die Wes-Kaap beklee. Die pryse is verlede Donderdag (16 Januarie) by Leeuwenhof deur Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, en Debbie Schäfer, die provinsiale minister van onderwys, gehou.


Oudhoofseun vereer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article