Corné Uys is Maandag 11 Oktober as die nuwe hoof van rugby by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch aangestel. Dié geesdriftige rugbyliefhebber het ’n passie vir die opvoeding van jong spelers, gekombineer met ’n kundigheid en liefde vir die spel. Uys het ’n BA-graad in sportwetenskap met sielkunde van die Universiteit Stellenbosch en ’n nagraadse sertifikaat in onderwys, sport en sielkunde. Hy bring veelsydige vaardighede as ’n professionele afrigter en ervaring as hoofafrigter van SAS Rugby se Internasionale Instituut na PRG. Uys het vir 10 jaar professionele rugby vir spanne soos die Stormers, Cheetahs, Sharks en Falcons gespeel. Hy het sedert sy aanstellingsdatum deeltyds die rol van hoof van rugby ter voorbereiding vir die voorseisoense program ingeneem en sal dié rol van Maandag 1 November af voltyds vervul. “Dis ’n voorreg om deel te wees van PRG en die ryk tradisies en erfenis van die skool. Ek is bereid om hard te werk en die ekstra myl te stap ten einde te verseker dat ons iets bou wat volhoubaar is vir die toekoms,” het Uys aangevoer.


Oud-Stormer by PRG

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article