Skietmoord in Macassar.
Die Strand-polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting nadat ‘n OTM opgeblaas is.

OTM by winkel in Strand opgeblaas, maar niks gebuit


Die Strand-polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting nadat ‘n OTM by ‘n winkel in Broadlandspark in die vroeë oggendure van Maandag 12 Oktober opgeblaas is.

Luidens ‘n woordvoerder vir die Strand-polisie het die voorval om 02:41 by die winkel op die hoek van Sercorlaan en Broadway Boulevard plaasgevind.

LEES MEER: PHOTOS: False bomb threat creates chaos at Somerset Mall

Frank Forbay, woordvoerder vir die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdiens, sê ‘n brandweerspan van Strand is ontplooi nadat ‘n oproep om 02:53 ontvang is oor ‘n OTM wat aan die brand is. Die polisie het terselfdertyd ook die brandweerstasie van die voorval in kennis gestel.

Die span het om 03:03 op die toneel aangekom en die brand is om 03:22 in bedwang gebring. Daarna is die gebied afgesper en die toneel aan die polisie oorhandig.

Geen beserings is aangemeld nie en geen omliggende eiendomme is beskadig nie.

Die polisie het bygevoeg daar is geen geld in die voorval gebuit nie en niemand is in hegtenis geneem nie.

Die ondersoek duur voort. Enigiemand met addisionele inligting wat die polisie-ondersoek kan help, word versoek om die Strand-polisiekantoor by 021 854 9115 te skakel.

LEES MEER: PHOTOS: Another bomb, another hoax…

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article