Christina Francis (neé Ferreira) van Huis Pam Brink in Strand (middel) het op Dinsdag 17 Desember verlede jaar 90 geword en die mylpaal by Skildpadvlei saam met haar twee jonger susters, Ina Gurney en Petra Saltmarsh, gevier. Sy is die sewende van 12 kinders, van wie vyf susters nog leef. Sy het self sewe kinders, maar ook 22 kleinkinders en nege agterkleinkinders. Sy loop nog gereeld daagliks in die strate aangrensend die tehuis en doen oefeninge in die Hill-parkie oorkant die aftreeoord.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article