Die bekende sanger Wicus van der Merwe is Vrydag 10 Mei die gaskunstenaar en seremoniemeester by Hoërskool Strand se sportveiling in die stadsaal.

Die geld word gebruik vir die uitbou van sport en ter ondersteuning van mindergegoede leerders in al die sportkodes.

Kaartjies kos R200 per persoon en tafels is teen R2 000 beskikbaar.

Vir navrae bel vir Ronelle Craythorne by 073 387 0683 of stuur e-pos na ronellecraythorne07@gmail.com om jou plek te bespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article