Die omgeegemeente van die NG kerk in Somerset-Wes het Saterdag (24 Mei) ‘n herfsmark gehou om geld vir algemene instandhouding in te samel. Die mark is in die kerk se saal by Andries Pretoriusstraat 77 gehou, waar tuisgemaakte kos, handgemaakte snuisterye en soetgoed te koop was. Volgens ds. Johan van Niekerk is die mark meer as net ‘n manier om geld in te samel — dit is ‘n geleentheid waar die gemeente saamkom en saam kan brood breek. Hy sê wanneer mense saam eet, heers ‘n atmosfeer van lag, maar belangriker nog, wys dit dat hulle vir mekaar omgee. Foto bo: Voor is Van Niekerk wat die gees van die mark verpersoonlik deur ‘n oomblik te neem om met Maggie van Zyl te gesels, terwyl sy vrou, Christine, agter hulle staan waar sy ‘n burger voorberei. Foto’s: Barend Williams

As deel van die herfsmark het plaaslike sakeondernemings soos Vleis Vir Jou Huis stalletjies gehad om hul produkte te verkoop. Albert Bezuidenhout van Vleis Vir Jou Huis (middel) het Happiness Zizhou (links) en Rinnet Steele (regs) ‘n gratis bottel wyn geskenk nadat hulle wors by hom gekoop het.
Heather, Renée en Rose Murphy het ‘n meisiesuitstappie by die mark geniet, waar die dogtertjies met lekkers bederf is.
Die mark was nie net vir koop en verkoop nie – (agter van links) Melanie Smit, Michael Lau en Gawie van Broekhuizen, en (voor van links) Marica Groenewald en Susan Broekhuizen het sommer lekker gesels en ‘n bord tuisgemaakte skyfies geniet.
Ludwig Kemper, Liezel Knipe en Mckenzie Knipe het ‘n stukkie koek saam met ‘n koppie koffie by die mark se koffiewinkel geniet.
Elisma Lotz, Meryl Engelbrecht, Suzette Posthumus, Daniëlle Lotz en Hannetjie Ferreira saam met Marais Brits (voor), wat die koffiestasie beman het.
Anette en Elzan Claasen by hul stalletjie. Klante wat daar gekoop het, sweer dis die beste kerrie en rys wat hulle nog geëet het.
Elsa van Rensburg het die geleentheid aangegryp om saam met haar kleindogter, Novah Goussard, ‘n teepartytjie te hou.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article