Fayroez Samuels oorhandig 'n Oasis-pamflet aan Annline Russouw tydens die omgewingsveldtog in Weltevreden.
Die vrywilliger Fayroez Samuels oorhandig ‘n pamflet aan die inwoner Annline Russouw tydens Oasis se omgewingsveldtog in die Weltevreden-gemeenskap. Foto’s: Barend Williams

Oasis bring omgewingsboodskap langs die Soetrivier in Strand

Fayroez Samuels oorhandig 'n Oasis-pamflet aan Annline Russouw tydens die omgewingsveldtog in Weltevreden.
Die vrywilliger Fayroez Samuels oorhandig ‘n pamflet aan die inwoner Annline Russouw tydens Oasis se omgewingsveldtog in die Weltevreden-gemeenskap. Foto’s: Barend Williams

Oasis – Reach for your Dreams neem die stryd teen omgewingsbesoedeling na Strand se strate. Dié organisasie sonder winsoogmerk se vrywilligers het die afgelope Donderdag (14 Mei) pamflette in Weltevreden as deel van hul omgewingsopruimingsbewustheidsveldtog versprei.

Vrywilligers het met inwoners oor die belangrikheid van omgewingsbeskerming gepraat, aangesien die Soetrivier naby is en al ‘n geruime tyd ‘n potensiële gevaar inhou.

Die pamflet verduidelik waarom ­inwoners van ‘n skoon omgewing bewus moet wees, gee wenke oor behoorlike afvalverwydering en bied raad oor hoe om dit te doen.

Getruida Hendricks, die projekbestuurder van Oasis in Strand, beklemtoon die noodsaaklikheid van die veldtog om die gemeenskap gesond te hou.

Oasis-vrywilligers en projekbestuurder Getruida Hendricks poseer saam langs die Soetrivier in Strand.
Die vrywilligers Nicholas de Bruin, Fayroez Samuels, John Holland en Bethy Russouw saam met Getruida Hendricks, die projekbestuurder van Oasis in Strand, langs die Soetrivier.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article