Laerskool De Hoop het vier netbal­spelers wat vanjaar uitstekend doen en in die skoolvakansie groot net­bal gaan speel. Annika de Wet (o.11), Mariaan Bruwer (o.12) en Juané Maass (o.13) is in hul onder­skeie CTPSN-spanne (Kaapstad Laerskoolnetbal) opgeneem wat die skoolvakansie in Wellington aan ’n toernooi deelneem. Mila Bester (o.12) is in die Wes-Kaapse span ingesluit wat die vakansie aan die All Ages-netbaltoernooi in Boksburg deelneem. Sy is ook as kaptein van die o.12-span aangewys.


Netbaltrots

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article