Die o.19A-netbalspan van Hoërskool Strand het Saterdag 14 Maart aan die Bulfees-sportdag in Porterville deelgeneem. Drie wedstryde is teen Hoërskool Oudtshoorn, Hoërskool Overberg en Hoërskool Robertson gespeel, met Bianca Groenewald, Nicole Williams (in aksie), Maryké Erasmus en Kaylin du Toit wat as speler van die wedstryd in die drie wedstryde benoem is. Aan die einde van die toernooi is Maryke Erasmus as die Arende se speler van die dag aangewys en Nicole Williams en Riezqa Brinkhuis is gekies vir die Star Travel-span wat in die September-vakansie na Malta sal toer. By dié toernooi het die Arend-afrigters ook uitgestaan in hul nuwe afrigtersdrag wat deur Flameros en Bluestar geborg is. Flameros het vir elke speler ’n geskenkbewys gegee. Die span se hoofborge is Finprufe Wealth Bluestar Financially Advisory Service, Flameros Chicken Grill en Big5SA.


Netbalspan blink uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article