’n Veldbrand het Donderdag (26 September) omstreeks 13:10 in Macassarweg oorkant Dohweg, Macassar, uitgebreek. Die brand was enkele meter ver van ’n informele struktuur wat deur ’n hawelose egpaar beset is. Volgens ’n woordvoerder van die Stad Kaapstad se brandweer-en-reddingsdienste, Jermaine Carelse, is die brand aangemeld as plantegroei wat gebrand het. Geen formele of informele eiendomme is weens die brand beskadig nie en die oorsaak van die brand is onbekend. “Namate die somer in die Helderberg nader kom, kan die Stad nie voorspel wat kan gebeur nie, maar ’n toename in plantegroei-brande word altyd in die somer ervaar,” het Carelse gesê.Foto: Barend J. Williams


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article