Chris Jurgens (regs), ’n gr.11-leerder aan die Hoërskool Strand, het Saterdag 30 Oktober sy 50ste wedstryd vir die Arende se o.19A-krieketspan gespeel. In dié wedstryd teen HTS Drostdy het hy uitgeblink en drie paaltjies vir 32 lopies platgetrek. Hoewel die HS-span met vier paaltjies teen die skool van Worcester die knie moes buig, het hulle ongelooflike veggees getoon. Chris het in September 2018, as gr. 8-leerder, teen die Hoërskool Outeniqua vir die eerste keer vir die Arende se eerste span uitgedraf. Hier word hy deur die spanbestuurder, Andries Louw, geluk gewens.Foto:


’n Volle vyftig vir dié Arend!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article