Die Voortrekkers van Somerset-Wes het Dinsdagaand (6 Mei) feestelik byeengekom om Afrikaans se eeufees as amptelike taal, wat op Donderdag (8 Mei) herdenk is, met groot gees te vier! Al 145 plaaslike Voortrekkers het met trots ‘n klippie saamgebring waarop hulle hul gunsteling- Afrikaanse woord gegraveer het. Die pragtige klippies, wat die rykdom van die moedertaal verteenwoordig, het lieflike woorde soos “mamma”, “ja, né”, “lekkernye”, “koeksister”, “lekker” en “appelliefie” gewys. Hierdie kreatiewe gebaar het die kleurvolle tapisserie van Afrikaans se woordeskat op ‘n baie spesiale manier uitgebeeld. Foto’s Jamey Gordon

Die Voortrekkers het ‘n vrolike verjaarsdaglied ter ere aan die Moedertaal uit volle bors gesing voordat hulle heerlik aan die feestelike koek gesmul het.
Die jongste toevoeging tot die Voortrekkers is met groot trots die besondere eer gegun om die flikkerende kersies op die feestelike verjaardagkoek met ‘n gesiggie vol opwinding en ‘n diep asemteug uit te blaas!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article