Inwoners van Macassar en omliggende gebiede was verlede week stomgeslaan toe hulle dié informele strukture – of informele strand-villas – op Macassar-strand gewaar. Van die inwo­ners wat die foto op sosiale media raakgesien het, het oor die vermetelheid van die “grond­grypers” kommentaar gelewer terwyl ander hulle in die “feit” dat eiendom aan die kus meer toeganklik en bekostigbaar is, verlustig het. Nadat vrae en kommentaar oor die aange­leentheid aan die lig gekom het, het die Stad Kaapstad in ’n verklaring duidelikheid oor dié situasie gegee. Volgens die munisipaliteit was die tydelike informele nedersetting op die strand nie ’n grondgryp-voorval nie, maar eerder ’n filmstel vir ’n rolprent wat oor vier dae hier geskiet is. “Die strukture sal na afloop van die skietery afgebreek en verwyder word,” het die Stad inwoners verseker. Meer besonderhede oor die produksie kon nie teen druk­tyd bekom word nie, maar daar is gerugte dat dit deel vorm van ’n internasionale rolprent.


’n Plekkie by die see

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article