Hoërskool Strand het verlede Maandag (3 Februarie) die interskole-tenniswedstryde tussen Hoërskool Parel Vallei en Hoërskool Strand aangebied. Op die skool se tennisbane het die A-spanne opwindende en kompeterende tennis opgelewer met die Arende se seuns- en meisiespan wat as wenners uit die stryd getree het. Die tellings is onderskeidelik 4-2 en 4-2. Die B-spanne het by die klubbane gespeel en hiér is ook goeie tennis gespeel met PV wat met 6-0 en 5-1 die seuns- en meisieswedstryde gewen het. PV is ook as vanjaar se algehele interskole-tenniswenners gekroon. Van links is die Arende se tennisspelers, Ané Braasch, Uné Benade, Justine Matthew, Hanli Huisman, Terence Samuels (Philwest: tennisborg), Ruan Louw, CJ Smit, Chrisjan van Zanten en Charl Morkel.Foto:


’n Kishou vir Arende se tennis

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article