Die beminde Helderberg-ouma Yvonne Eitner het op Woensdag 19 Januarie 90 geword! Sy deel dié groot mylpaal met haar tweelingsuster, Yolande Damsell van Kaapstad. Damsell kon weens gesondheidsredes nie die spesiale vieringe, wat Sondag (16 Januarie) by Krystal Beach Hotel in Gordonsbaai gehou is, bywoon nie. By die geleentheid was Yvonne se dogters, Lana Fourie van Gordonsbaai, Juliana du Toit van George asook Daphne Botha van Somerset-Wes (die laasgenoemde twee susters deel toevallig ook ’n verjaardag). Yvonne en haar oorlede man Johan het 46 jaar lank op die plaas Driefontein naby Longridge Winery geboer. Johan het destyds sy druiwe aan die KWV gelewer. Daar was ook ’n perskeboord en Yvonne was bekend vir haar heerlike gedroogde perskes en konfyte. Toe die plaas van eienaar verwissel, het die wynmaker Jasper Raats wyn onder die Driefontein-etiket begin bemark, onder meer die Jasper Raats Single Vineyard Driefontein Blanc 2020 asook Driefontein Syrah 2019.


Mylpaal gevier

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article