Round of Applause, South Africa Still Standing – geskryf, geregisseur en opgevoer deur Marianne Thamm sal gehore bekoor. Die produksie is Saterdag 4 en Vrydag 10 November om 20:00 te sien

’n Sterbelaaide program by The Drama Factory in Strand hierdie November skop af met veteraanjoernalis en bekroonde komediant Marianne Thamm se trefferprogram Round of Applause, South Africa Still Standing, wat Saterdag 4 en Vrydag 10 November by dié teater op die planke is.

“Ons is geëerd om Marianne vir die eerste keer te huisves, terwyl ons lekker vir onsself lag en ons sterk punte vier,” sê Sue Diepeveen, stigter van The Drama Factory.

“Ons is ook verheug om die terugkeer van die uitmuntende en vreeslik talentvolle Rob van Vuuren aan te kondig, hierdie keer as sy wêreldwye sensasie Namaste Bae, die nuwe-era satiriese ghoeroe wat ons almal in ons lewens nodig het.

“Tussendeur het ons ’n fantastiese program, met huldeblyke aan van die grootste kunstenaars van alle tye, insluitend Rainer Jadischke in sy Elton John Tribute en die Gimme Shelter Band in A Night of Rolling Stones Music. Moenie die briljante Suid-Afrikaanse kunstenaars Rocco de Villiers en Elizabeth Marais misloop nie, en ons rond die maand af met Oom Schalk & The Sculptor met David Muller wat die beste van HC Bosman aanbied!”

Besprekings vir al die vertonings kan gemaak word by www.thedramafactory.co.za of 073 215 2290.

Met sy volledig gelisensieerde kroeg en gesellige, verwelkomende atmosfeer, is The Drama Factory die perfekte venue om topgehalte vermaak saam met ’n groep vriende of familie te geniet. Die sonkrag-aangedrewe omskakelaar verseker dat die vertoning altyd sal voortgaan, selfs wanneer daar beurtkrag is.

The Drama Factory is geleë op Comprop Square 10, Henry Vos-slot, Asla Park, Strand. Parkeerplek is beskikbaar by die venue.

Hierdie maand se teatervermaak bestaan uit:

Sien Rocco de Villiers in Konsert op Saterdag 11 November om 19:30 en Sondag 12 November om 16:00. Die gewilde pianis bring ’n keur van oorspronklike klaviersnittte, vergesel van die stories – soms hartseer en soms skreeusnaaks – wat hierdie musiekstukke geïnspireer het. Oor dekades heen het hy ’n styl en genre van klaviermusiek ontwikkel wat ’n mengsel is van populêre klanke met rolprenteienskappe. Alles in ’n klassieke stylspel, is dit ’n konsert wat insig gee in die wêreld van die klavier, pianiste en die verbeelding van die “ander” kind op skool in ’n klein dorpie wat in die 1960’s, 1970’s en 1980’s op die platteland grootgeword het.

A Night of Rolling Stones Music – Gimme Shelter Band Unplugged is om 19:30 op Donderdag 16 November op die verhoog te sien. The Rolling Stones is die wêreld se rock n roll-groep wat al die langste bestaan en waarskynlik een van die mees invloedryke groepe van alle tye. Vier van Kaapstad se topmusikante bring hulde aan The Rolling Stones en het al vir uitverkoopte venues oor die Wes-Kaap heen opgetree. Bekende musikante insluitend Jake Gunn, Ruben Gerryts, Lenny Miskin en Wouter Reyneke deel die verhoog vir die vertoning. Stones-volgelinge kan verwag om al hul gunstelinge te hoor, soos “Jumpin’ Jack Flash”, “Honky Tonk Woman” en “Wild Horses”, en selfs ’n paar wat hulle nog nooit vantevore gehoor het nie. Kaartjies kos R200.

Die Binnelander met Elizabeth Marais is om 16:00 Saterdag 19 November op die verhoog. Coloratura Sopraan Elizabeth Marais se Die Binnelander bevat strelende klanke van “Only Love” tot die uitdagende hoogtes van “Koningin van die Nag”. Die wye keuse van musiek is vervleg in ’n storie van verliefdheid. Haar verliefde is Fanie Viljoen van Vredendal maar haar pa het ’n ander agenda. Weggestuur oorsee ontmoet sy die slapjan Fransman, die Duitser se militante heks van ’n ma en die vatterige Italianer. Sy smeek papa met “O mio babbino caro” om terug te kom na haar Fanie. Kaartjies kos R120.

Namaste Bae: Blessings and Kombucha word om 19:30 Vrydag 24 November deur Rob van Vuuren opgevoer. Ná uiters suksesvolle nasionale en internasionale toere en die verowering van die goue Standard Bank Ovation-toekenning by die 2023 Nasionale Kunstefees, kom Namaste Bae: Blessings and Kombuchana The Drama Factory. ’n Genesingseremonie anders as wat jy nog ooit ervaar het, gebring deur die nuwe-era satiriese ghoeroe wat sosiale media met ’n slag tref. Sommige sê hy is gebore met ’n bottel kombucha in die een hand en ’n joga-mat in die ander tydens ’n Vedic Shadow Planet-verduistering. Sommige sê hy neem al die psigedelika sodat jy dit nie hoef te doen nie. Sommige sê hy soek steeds ’n kaartjie na Burning Man. Wat hulle ook al sê, Namaste Bae is die guru wat jy nodig het en verdien. ’n Selfverklaarde orakel van die Moeder Scoby, Namaste Bae sal jou help om jouself in jouself te vind en met die krag van komiese katarsis sal hy jou help om geboorte te gee aan ’n beter weergawe van jouself. Namaste Bae is die wêreldwye virale breinkind van die veelbekroonde Suid-Afrikaanse komediant en akteur Rob van Vuuren, en sal jou voorsien van ’n nag van genesende hilariteit en prikkelende transendensie wat jy nie sal vergeet nie! Kaartjies kos R180

David Muller span kragte saam met Johan Steyn vir Oom Schalk & The Sculptor op Sondag 26 November om 16:00. Regie deur die briljante Celia Musikanth, Oom Schalk, is uit die hart Bosman op sy beste. Muller verduidelik: “Stel jou voor jy sit onder ’n withaakboom in die Bosveld terwyl jy na hierdie stories luister. Al was Bosman Afrikaans sprekend, hy het Afrikaans in Engels geskryf. Sy werk was universeel.” Muller het sy Bosman-reis begin met sy uitverkoopte première by die Masque-teater. “Saam met beeldhouer Johan Steyn weef hulle saam stories wat ons ken en liefhet.”.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article