Moenie die Buitelewe- en Avontuur-ekspo in Elgin misloop nie!

Die Elgin Grabouw Sportklub bied hierdie naweek die Buitelewe- en Avontuur-ekspo van Vrydag 8 November om 11:00 tot Sondag om 15:00 aan. Die ekspo sluit in sportnutsvoertuie, 4×4’s, woonwaens, kampeertoerusting en toerusting vir buitelugaktiwiteite in. Foto: Wallace du Plessis


Die Elgin Grabouw-sportklub is weer eens die plek waar natuurliefhebbers en passievolle motorentoesiaste hul liefde vir die avontuur kan uitleef by die Buitelewe- en Avontuur-ekspo wat hierdie naweek op die krieketveld se terrein gehou word.

Dit is baie meer as net ’n woonwa- en kampeerfees met ’n bietjie sport, kos en drankies daarby. Die ekspo gaan oor die buitelewe-leefstyl en om in die natuur te wees.

Die ekspo vind plaas vanaf Vrydag 8 November om 11:00 tot 18:00, Saterdag 9 November van 08:00 tot 18:00 en Sondag 10 November van 08:00 tot 15:00.

Sportnutsvoertuiw, 4×4’s, woonwaens en veldrysleepwaens sal te sien wees, maar die ekspo sal ook buitelugaktiwiteite en verwante toerusting ten toon stel. Besoekers kan ook hul bergfietse kom ry, roetes hardloop, roei of duik, stap en fotografie, wat alles deur uitstallers verteenwoordig sal wees.

Uitstallers van die Helderberg, die Isuzu-handelaar tot Hermanus Volkwagen en Boland Conqueror, om maar net ’n paar te noem, is almal daar.

’n Aantal nuwe produkte sal by die ekspo bekendgestel word – van woonwaens tot die nuutste kampeertoerusting. Twee rygeleenthede is ook beskikbaar – bring jou eie 4×4 en probeer die Grabouw-roete (op eie koste) of neem ’n elektriese ryding vir ’n draai by die Greenworks-uitstalling (gratis). Hulle sal ook 4×4 EV’s hê.

Twintig kampeerplekke is beskikbaar en daar sal ook aktiwiteite vir kinders wees. Koste is R50 vir volwassenes op Vrydag, R100 op Saterdag en Sondag.

Kinders onder sewe is gratis en kry ook gratis toegang (met ’n gratis koeldrank en versnaperings) tot die kindervermaakgebied, terwyl pensientrekkers net R50 betaal.

Honde aan leibande is welkom.

Parkering is gratis.

Vir besprekings, besoek ticketpro.co.za. Kaartjies kan ook by die hek gekoop word.

Vir meer inligting, besoek https://lrclassic.com/outdoor-adventure-expo-grabouw-western-cape-2024/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article