Die Macassar-polisie het verlede Woensdag (3 Junie) ‘n man vir die besit van ammunisie en ‘n nagemaakte vuurwapen in hegtenis geneem. Beamptes van die misdaadvoorkomingseenheid van Macassar het die 27-jarige Byran Lewis in Austerpad opgespoor in verband met ‘n motorkapingsaak waarin hy na bewering betrokke was.

Toe die beamptes sy huis besoek, het hulle Lewis in die vrieskas aangetref, waar hy weggekruip het.

Tydens ‘n deursoeking het die polisie ‘n nagemaakte vuurwapen en ‘n 30.06-koeël opgespoor.

Lewis is in hegtenis geneem en het verlede week in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • DistrictMail & Helderberg Gazette – E-Edition – 2 September 2026
    DistrictMail & Helderberg Gazette – E-Edition – 2 September 2026

Gift this article