Die gr. 12-leerders van PV vir 2020 het die historiese klok by die seremonie gelui.Foto:


Hoërskool Parel Vallei het Dinsdag 13 Oktober sy graad 12-klas by hul laaste saalbyeenkoms formeel gegroet.

Die program en dag was anders as al die vorige Valedictory-geleenthede by PV, maar alles behalwe minder besonders.

André Muller, die adjunkhoof wat die einde van dié jaar aftree ná 35 jaar diens aan PV, het die verrigtinge geopen met die boodskap: “Regte keuses, wat gevolg word deur gehoorsaamheid, sal uitloop op beloftes wat vervul word!”.

Die aankondiging van die Bulldog-prys en die toptien- akademiese leerders was ook deel van dié oggend se program, aangesien ’n akademiese prysuitdeling nie kon plaasvind nie. Die Bulldog-prys word jaarliks aan die matriekseun of -meisie, wat die Bulldog-gees van die skool die beste vergestalt en ander in die proses inspireer, toegeken.

Vanjaar was daar nie net een waardige ontvanger nie, maar 231 Parel Valleiers in gr.12 wat gekies het om positief te bly en die nuwe manier van skoolgaan en leer aangeneem het. Die skool salueer hulle daarvoor en dit is daarom dat ’n Bulldog-sleutelhouer met die woorde TUNGU (turn up and never give up) daarop by die Valedictory aan elke leerder gegee is.

Die toptien-leerders is: Danielle Kleyn, Angelique Filter, Laura Maritz, Caitlyn Slabbert, Neil Marais, Ryan Beavon, Annegrethe Scholtz, Shannon Swanepoel, Evan Slabbert en Jenna Peterson.

Daarna het David Schenck, die skoolhoof, sy laaste boodskap aan die leerders oorgedra en ook die hoofleiers van 2020, Patricia Potgieter en Ryan Beavon, vir hul toewyding bedank.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article