Die Strand-polisie ondersoek ’n klagte van poging tot moord nadat ’n jongman in ’n moontlike bendeverwante skietvoorval gewond is.

Dié voorval het Maandagmiddag (10 Januarie) in Broadlandspark plaasgevind en die slagoffer, wat in die aangrensende buurt, Serkorpark, woon, is met ’n skietwond in die hospitaal opgeneem.

Die polisie is omstreeks 13:00 na die toneel ontbied. Getuies beweer die slagoffer is deur drie mans geteiken toe hy omstreeks 13:00 by ’n haarsalon uitstap.

“Een van die aanvallers het ’n vuurwapen uitgepluk en drie skote in sy rigting afgevuur. Een het hom in die bobeen getref toe die slagoffer by die salon uitstap en skote op hom geskiet is. Hy is na die hospitaal vervoer,” lui die polisieverslag.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.V Mense met inligting kan luitenant-kolonel Franklin Plaatjies by 082 469 3359 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article