Die Macassar-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) pronk met ’n splinternuwe uitvoerende komitee wat verlede Maandag (11 November) amptelik op die GPF se jaarvergadering voorgestel is. Die komitee bestaan uit die volgende lede: Marlon Solomons (voorsitter), Meagan Solomons (ondervoorsitter), Henry Arnolds (tesourier), Monalisa Solomons (skakelbeampte), Waseemah Flaendorp (sekretaresse) en Ricardo Absalon (projekkoördineerder). Die ses addisionele komiteelede is Jody Jantjies, Chris Nduna, Elton Gordon, André Phillip, Thomas Phillip en Casline Wyngaardt. Agter (van links) is Jody Jantjies, Chris Nduna, Elton Gordon, luitenant-kolonel Arnold Roux (die Macassar-polisie se stasiebevelvoerder), Henry Arnolds, André Phillip en Thomas Phillip. Middel: Marlon Solomons en Ricardo Absalon. Voor: Monalisa Solomons, Waseemah Flaendorp, adjudant-offisier Desiré Adendolf, Meagan Solomons en Dean Rulse (verteenwoordiger vir polisietoesig en gemeenskapsveiligheid).


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article