Plaaslike organisasies en individue wat belangstel om op die raad van die Macassar-gemeenskapspolisiërings­forum (GPF) te dien, word uitgenooi om aansoek te doen in aanloop tot ’n spesiale verkiesingsvergadering wat Donderdag 31 Oktober gehou word.

Die vergadering sal om 19:00 in die raadsaal by die Macassar-polisiekantoor plaasvind en sal ook die verkiesing van GPF-raadslede insluit. Verskeie poste sal gevul word.

Belangstellendes moet voor 12:00 Maandag 30 September aansoek te doen. Aansoekvorms is by die polisiekantoor tot Vrydag 27 September beskikbaar. Alle organisasies moet geregistreer wees by die GPF.

  • Vir meer, bel AO Desire Adendolf by 082 469 0854, of skakel die Macassar-polisie by 021 857 7100.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article