Devi's Projects samel R10 000 in vir dwelmrehabilitasie by gospel-konsert in Macassar.
Davinia Ruiters, direkteur van Devi’s Projects, wat R10 000 ingesamel het vir dwelmrehabilitasie by ‘n gospel-konsert in Macassar.

Devi's Projects samel R10 000 in vir dwelmrehabilitasie by gospel-konsert in Macassar.
Die plaaslike organisasie Devi’s Projects het voorverlede Vrydag (6 Junie) ‘n dwelmbewustheidsgeleentheid en ‘n gospel-konsert by die Hoรซrskool
Macassar aangebied. Die fondse wat ingesamel is, word volgens die direkteur Davinia Ruiters (foto) vir die rehabilitasie van mense in Macassar benut. Sowat R10โ€‰000 is ingesamel en sal die koste van rehabilitasie vir een inwoner by die Touch One Soul-rehabilitasiestigting dek. Devi’s Projects fokus op etlike aspekte van dwelmverslawing, waaronder bewusmaking in die gemeenskap, berading voor rehabilitasie, nasorg vir mense tydens die herstelproses en bystand aan gesinne en families wat deur dwelmverslawing geraak word. Die geleentheid was volgens Ruiters net tot ‘n mate suksesvol, aangesien die geld wat ingesamel is net een individu sal kan bystaan om die nodige rehabilitasie en hulp te ontvang. Ruiters hoop egter dat die geleentheid gemeenskapslede sal inspireer om diegene wat na ‘n dwelmvrye lewe op soek is, by te staan en op verskeie maniere te skenk. Kontak Ruiters by 076โ€‰972โ€‰0112 vir nog inligting oor hoe jy tot die projek kan bydra, indien jy betrokke wil raak, of as jy nog inligting oor Devi’s Projects wil hรช.
Stormers-speler Ben Jason Dixon as gas by Devi's Projects se konsert vir dwelmrehabilitasie.
Die Stormers-speler Ben Jason Dixon was ‘n gas by die konsert en ondersteun bewustheid oor verslawing en rehabilitasie.
Gilbert Wewers van Rawson Properties vertoon getekende Stormers-rugbytrui voor veiling vir rehabilitasiefondse.
Gilbert Wewers van Rawson Properties vertoon ‘n Stormers-rugbytrui, geteken en geskenk deur Ben Jason Dixon, aan die gaste voor ‘n veiling om geld vir rehabilitasie in te samel.
Joe Adams (regs) met Maria en Torris Adams nadat hy R2 550 gebied het vir Ben Dixon se getekende Stormers-trui.
Joe Adams (regs) het die hoogste bod op ‘n Stromerstrui van Ben Jason Dixon gemaak en kon nรก ‘n bod van R2โ€‰550 met die groot prys wegstap. By hom is, van links, Maria Minnaar en Torris Adams.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article