Die Strand Biblioteekvriende se laaste boekverkoping van die jaar word tans daagliks in die biblioteeksaal tot Donderdag 15 Desember gedurende biblioteekure gehou.
Danksy alle skenkings het dié groep ongelooflike fiksie- en nie-fiksie-boeke vir die hele gesin, asook unieke skaars boeke en Africana. Gaan maak die Kerskouse vol met boeke, tydskrifte, CD’s, DVD’s en pragtige kostuumjuwele! ’n Kaartfasiliteit is beskikbaar om betalings te vergemaklik.
V
Kontak Anna-Marie by 021 852 3277 vir skenkings en navrae.


