Die Strand-skrywer Judith Vollmer het die afgelope Saterdag (22 Junie) haar nuutste boek, Lofsang, by ’n spoggeleentheid by die Krystal Beach-hotel in Gordonsbaai bekendgestel. Bo saam met die trotse skrywer is haar vriendin Ronelle Joseph (regs), wat die geleentheid bygewoon het.


Vollmer (middel) het die mylpaal in die teenwoordigheid van spesiale gaste, onder meer, Arendsvlei-akteur Merlin Balie (heel links), haar ma, Isabel Vollmer, Mario Jantjies en Theresa Sedras van die Suidooster-faam (ver regs), gevier.

Vollmer het by dié geleentheid ook skouers geskuur met die Macassar-gospelmusiekkuns­tenaar Ruben Davids.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article