Laerskool Lochnerhof is trots op hul vlugvoetige leerders wat uitgeblink het in verskeie danskompetisies.
Christiaan Brandt het vier goue medaljes (bo 95%) asook twee silwer- medaljes (bo 85%) by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap vir Uitvoerende Kunste in Rustenburg verwerf. Hy het ook ’n algehele trofee in die 11 – 12 jaar afdeling gewen waar hy ook tot die Suid-Afrikaanse span verkies is.
Christiaan sal ook saam met sowat 1 300 ander dansers van 61 lande in Julie 2017 aan die Wêreld Kampioenskap vir Uitvoerende Kunste in Los Angeles deelneem.
Hy is gekies om die SA-span te verteenwoordig. Hy wen 5 goue medaljes (bo 95%), 1 silwermedalje (bo 85%), 1 bronsmedalje (bo 75%) en is die wenner van die algehele trofee in die afdeling 11-12 jaar.
Liané Snyman het aan die Dance Star World Tour Competition deelgeneem waar sy soos volg presteer het: ope solo – African Heartbeat (eerste plek), Hip hop-solo juniors (vierde plek), ope duet – Jailhouse Rock (tweede plek) en moderne trio – People (tweede plek).
Liané het ook vir die Dance Star SA Team gekwalifiseer wat in Kroasië sal kompeteer. Shan-Lee Cilliers, ook ’n mededinger aan die Dance Star South Africa kompetisie, het die volgende toekennings gekry: ballet solo – wenner; kontemporêre solo – vierde plek en kontemporêre trio – tweede plek. Shan-Lee is ook opgeneem in die SA-span vir die Dance Star Finale 2017 – World Dance Masters, in Kroasië. Haar deelname aan die “Dans in jou Taal” danskompetisie op KykNet het haar ’n plek in die finale besorg.
Nog ’n Dance Star SA-deelnemer, Inge van Wyk, het dié prestasies verwerf: ballet solo juniors (derde), deel van die SA span vir die Dance Star Finale 2017 – World Dance Masters in Kroasië. Inge het in die finale van “Dans in jou Taal”-kompetisie deelgeneem.


