Die Strand-rugbyklub het Saterdag (24 September) in die eindronde van die Superliga C-kompetisie teen KSUT-rugbyklub vasgeval.
Liga was feitlik die hele wedstryd in beheer van sake, maar kon nie al sy kanse gebruik nie. ’n Kombinasie van verkeerde opsies, hanteerfoute en mislukte skoppe na die pale het Strand uiteindelik duur te staan gekom.
Natheer Wanza en Reagan Bosman was prominent vir Strand, maar die 19-jarige nuweling Winston Jooste was skitterend van die bank af.
Die eindtelling was 26-19 en is ’n getroue weergawe van die wedstryd, wat baie mededingend was.
Driedrukkers vir Strand was Mark Sylvester, Reagan Bosman en Riyaad Adams, met Bradley Robertson wat met twee doelskoppe geslaag het.
Ten spyte van die nederlaag, sal Strand steeds volgende seisoen in die Superliga B speel.


